Die doelstelling van die Trust vir Afrikaanse Kuns Kultuur en Erfenis (TAKKE) is die bevordering, vooruitgang en bewaring van die Afrikaanse kuns, kultuur en erfenis deur finansiële ondersteuning aan effektiewe vennootskappe of die inisiëring van toepaslike Suid-Afrikaanse projekte ter ondersteuning van die Afrikaanse kuns, kultuur en erfenis.
Oor ons
Die Dagbreek Trust het in 2018 die Trust vir Afrikaanse Kuns Kultuur en Erfenis as ‘n openbare weldaadsorganisasie (OWO) opgerig om die Afrikaanse kultuur te ondersteun. Sedert registrasie van TAKKE in 2018 funksioneer die twee trusts onafhanklik van mekaar, hoewel die trusts sekere administratiewe dienste deel. Al die trustees van TAKKE is ook trustees van die Dagbreek Trust.
Die Trust vir Afrikaanse Kuns Kultuur en Erfenis se registrasienommer: IT 2677/2018(T)