Astrid de Vos
Uitvoerende trustee
Oorsigtelike CV
Astrid het in 1979 ’n BA-graad aan die Universiteit van Pretoria verwerf, asook ’n honneursgraad (sielkunde) aan dieselfde universiteit in 2007.
Sy was vroeër ’n korporatiewe joernalis, onder meer by die Raad op Finansiële Dienste en werk sedert 2009 as skakelbeampte by Dagbreek Trust. In Februarie 2014 is sy as trustee van Dagbreek Trust aangestel en in 2015 as skakelbeampte en trustee van die Trust vir Afrikaanse Onderwys. Sy is nou die uitvoerende trustee vir Dagbreek Trust, die TAO en die Trust vir Afrikaans Taal, Kultuur en Erfenis. Sy dien op die direksies van onder meer Maroela Media, Pendoring, die Virtuele Instituut vir Afrikaans, die Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief (NATi) en die Rapport Onderwysfonds.