Martie Prinsloo
Administratiewe Beampte
Oorsigtelike CV
Martie het in 1979 ’n BCom-graad in rekeningkunde aan die Universiteit van Pretoria behaal. In 2001 het die Noordwes-Universiteit ’n MBA aan haar toegeken.
Benewens verskeie diplomas in die bankwese, het sy in 1988 boonop ‘n HOD aan Unisa verwerf asook ‘n sertifikaat in gevorderde trustreg aan die UP in 2006. Martie het 33 jaar ondervinding in die fidusiêre bedryf met verskeie aanstellings as trustee en kurator bonis nomino officio. Sy was vir langer as tien jaar lid van Absa Trust se beleggingskomitee en is tans die hoofbeampte van die Absa Trust Beneficiary Fund. Sy is sedert 1 Januarie 2015 vir die administrasie van Dagbreek Trust se finansies verantwoordelik.