Piet Steyn
Oorsigtelike CV
Piet sluit na skool as beroepsoldaat by die SAW aan. Hy neem eervolle ontslag uit die weermag en behaal ’n THOD aan die Onderwyskollege Goudstad.
Na ’n kort dienstydperk as wiskunde-onderwyser, verlaat hy die onderwys om ’n leerling-rekenmeester te word by wat vandag PWC is. Hy voltooi nie sy studies nie en sluit na ses jaar by die rekenaargroep Siltek (Bpk), as Groep- Ondersoekrekenmeester, aan. Hier word hy ’n direkteur van Siltek-filiale, Radiokom (Edms) Bpk en later Medis (Edms) Bpk.
In 1996 sluit hy by Oilkol (Edms) Bpk aan as Hoofbestuurder en in 1998 word hy tot bemarkingsbestuurder van die Exol Groep bevorder. In 1999 word Oilkol aangewys as die wenner van die Sanlam/KCCI Besigheid van die jaar-kompetisie.
In 2001 is hy aangestel as Besturende Direkteur van die Exol Groep. Hy is die ontwerper van verskeie patente en handelsmerke en is ’n opgeleide vlieënier. Piet is getroud met Noeline Beukes en het twee dogters, Nicoleen en Roelien.