Jan Daniël Steinman de Bruyn

Steinman de Bruyn

Trustee

Oorsigtelike CV

Steinman behaal sy BCom-graad (Rekeningkunde) in 1973 aan die Noordwes-Universiteit (voorheen PU vir CHO). Terwyl hy vanaf 1974 tot 1977 sy leerklerkskap by ’n ouditeursfirma voltooi, studeer hy verder en verwerf ’n BIuris-graad in 1977, waarna hy sy LLB-graad in 1979 voltooi – albei aan die NWU.

In 1981 sluit Steinman aan by die prokureursfirma VDT Ingelyf (voorheen Van der Merwe du Toit Ingelyf) in Brooklyn, Pretoria, waar hy tot Junie 2016 as direkteur praktiseer. Tydens sy loopbaan dien hy onder andere as die voorsitter van die AHI Gauteng,  die Pretoriase Sakekamer en die Pretoriase Prokureursvereniging.

Tans dien Steinman steeds as konsultant van VDT Ingelyf en buiten sy rol as trustee van Dagbreek Trust, is hy ook as raadslid by die Raad van die Noordwes-Universiteit betrokke. Hy dien ook as ondervoorsitter van die Beeld-Kinderfonds.

Steinman is getroud met Julie.