Erfenisstigting

Die Erfenisstigting (ES) is in 2002 as ‘n maatskappy sonder winsmotief gestig en is ‘n gerekende speler binne die Suid-Afrikaanse kulturele erfenis industrie. Die ES se visie is om publieke bewussyn van bedreigde erfenis deur die behoud, bewaring en volhoubare benutting van erfenishulpbronne te skep.