Die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi) is ‘n nie-winsgewende, selfstandige organisasie, befonds deur die Dagbreek Trust, wat hom beywer vir en toegespits is op die bevordering van Afrikaanse teater en toneel op ‘n inklusiewe grondslag tot voordeel van die breë Suid-Afrikaanse gemeenskap. NATi is gestig as ’n befondsing- en ontwikkellingsinisiatief van verdienstelike Afrikaanse teater in samewerking met die Feesteforum (Aardklop, Innibos, KKNK, Suidoosterfees, Vrystaat Kunstefees en Woordfees) en onafhanklike vervaardigers. NATi fokus op projekte wat die teaterbedryf as ’n geheel dien en ’n stem of perspektief toevoeg tot ’n Suid-Afrikaanse narratief in Afrikaans.
